Clinical Psychologist in Pretoria – Petro van Heerden

Petro van Heerden - Kliniese Sielkundige.

My praktyk is in Rietondale, Pretoria- Moot, geleë. Areas naby en in die omgewing van die praktyk is onder andere Riviera, Queenswood , Colbyn, Waverley en Eastwood. Ek spreek individue sowel as paartjies en gesinne, op kort -en langer termyn.

Kliniese Sielkundige | HPCSA Registrasienommer: PS2390 | Praktyknommer: 8612692

“May your choices reflect your hopes, not your fears.” – Nelson Mandela

Waarom Psigoterapie ?

As mense kruis ons almal paaie met die onvoorsiene – omstandighede en gebeure – wat ons toets. Meeste van die tyd kry ons dit reg om sterk te staan, om aan te pas, om te oorkom. Maar soms, soms breek daar ‘n dag aan waar ons besef ons val nie meer in die kategorie van ‘dit gaan meestal goed’ nie.

Verskillende mense kom tot die besef dat daar ‘fout’ is op verskillende maniere; en natuurlik reageer een mens ook anders as ‘n ander op dié besef. Daar is ‘n verskeidenheid van ‘tekens’ wat daarop kan dui dat daar ‘fout’ is.

Vrae wat dikwels gevra word .

Hoe lank is ‘n sessie?
Sessies is gewoonlik 60 minute.
 
Hoe gereeld moet ek kom?
Sessies is gewoonlik een maal per week.
Hoe lank neem die terapieproses?
Die duur van die terapieproses sal verskil afhangende van jou spesifieke behoeftes en doelstellings, maar duur gewoonlik minstens tussen 9 en 12 sessies.
 
Wat is die koste?

Indien jy ‘n privaat kliënt is
Rekeninge is ten volle betaalbaar aan die einde van elke sessie, kontant of Elektroniese oorplasing – geen kaartfasiliteit beskikbaar nie. Die 2026 fooi per 60 minute sessie is R1300.00.

Indien jy lid van ‘n mediese fonds is
Gewoonlik is daar twee faktore wat bepaal of u mediese fonds die koste van sessies dek.

Eerstens is sessies slegs gedek indien die plan waarop u is, voorsiening maak vir sielkundige dienste . Tweedens word die koste van sessies gewoonlik gedek volgens die jaarlikse limiet van toepassing op die plan waarop u is.

Dit is belangrik dat u vooraf u mediese fonds kontak om eerstens vas te stel wat u jaarlikse voordeel vir Sielkundige dienste is en tweedens of u fondse beskikbaar het.

Wannneer u bevestig dat daar wel fondse beskikbaar is by u mediese fonds, sal die rekening namens u deur die praktyk direk by u fonds ingedien word.

Indien u mediese fonds u eis verwerp of slegs gedeeltelik betaal, is u verantwoordelik om onmiddellik die uitstaande bedrag aan die praktyk te vereffen.

2026 Mediese fondstariewe wissel tussen R1300 – R1450 per 50-60 minute sessie.

Wat om te doen as ek oortuig is dat iemand waarvoor ek omgee (volwassene) hulp nodig het?

Dit is waar dat dit moeilik is om ‘n geliefde te sien wat sukkel. En, ja, tot ‘n mate is dit te verstane dat u voel u wil help.

Die feit van die saak is egter – as die person ‘n volwassene is- kan u nie vir hulle verantwoordelikheid neem nie. ‘n Uitsondering hierop is wanneer die persoon nie daartoe instaat is om vir hom-/haarself verantwoordelikheid te neem nie – in sodanige geval is die roete om te volg ‘n psigiater.

Die kans bestaan dat u waarskynlik voel dat om te hoor dat u nie vir ‘n ander volwassene verantwoordelikheid kan neem nie, presies is wat u gerusstel. Aan die ander kant kan u dalk egter voel “Dit help glad nie”. As laasgenoemde vir u waar is, is my advies dat u oorweeg om self vir terapie te gaan. Hiermee impliseer ek nie dat u die probleem is nie. Ek wil graag verduidelik.

In my opinie beteken die reaksie “Dit help nie” eintlik “Dit help my nie”. Ek probeer slegs illustreer dat mens nie ander kan verander nie, maar dat jy wel jou reaksie op hulle kan verander.

Natuurlik probeer u moontlik ‘n redelike persoon te help wat tans probleme ervaar. In so geval, is my raad dat u uself eers afvra of dit wel u plek is en of u verhouding van so ‘n aard is dat u bekommernis en advies gepas is en aanvaar of waardeer sal word. Indien dit so is, praat met die person, verduidelik dat u bekommerd is oor hom/haar en stel voor dat hy/sy professionele hulp sal soek. Deur dit te doen, wys u u gee om, terwyl u terselftertyd die persoon se grense respekteer. Daarna is dit vir die persoon om self te besluit/aksie te neem.

Wat moet ek doen as ek vermoed dat my kind (‘n minderjarige) hulp nodig het?

As ‘n ouer het u die verantwoordelikheid en die reg om toepaslike hulp vir en namens u kind te verkry.

Indien u as ouer (of voog) voel dat u kind kan baat by terapie/ dat terapie die nodige plan van aksie is, stel ek voor dat u voortgaan met u soektog en soek na ‘n terapeut wat in minderjarige kinders spesialiseer. U kan ook u pediater, dokter of alternatiewelik skool nader vir ‘n verwysing.

Wat om te verwag.

Die inligting op my webblad bevestig dat ek ‘n professionele, gekwalifiseerde en geregistreerde kliniese sielkundige is. Jy mag dalk egter moontlik steeds wonder oor wat om te verwag wanneer jy my kom sien.

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X